Vermeende moordenaars vasgetrek in Bosbokrand
Loading player...
Twee mans wat aan verskeie moorde en gewapende rowe gekoppel word, is Vrydagaand in Marite naby Bosbokrand gearresteer.
Die polisie het inligting ontvang oor individue in besit van vuurwapens. Die taktiese reaksie-eenhede van Tshwane en Ekurhuleni het saam met die Calcutta-taakmag gereageer.
Elkeen was in besit van ‘n 9-milimeter-pistool.
Hulle sal vandag in die Mkhuhlu-hof verskyn vir die onregmatige besit van vuurwapens en ammunisie.
Beide word ook gekoppel aan ‘n reeks ernstige misdade, insluitende die moord op ‘n polisielid in Januarie en ‘n moord in Johannesburg in Desember.