VF Plus eis dat Hazyview se watertoevoer geprivatiseer word
Loading player...
Die VF Plus wil waterverskaffing aan Hazyview laat privatiseer.
Mbombela raadslid, Ken Robertson, sê die bystandpomp by die hoofwatersuiweringsaanleg is reeds vir 15 maande buite werking en die hoofpomp het intussen ook gebreek.
Geen aksie is egter geneem om die bystandpomp betyds te herstel nie en die plaaslike landbougemeenskap moes sy besproeiingskanaal aan die munisipaliteit beskikbaar stel om tydelik water aan inwoners te verskaf.
Hy voer aan dat die bekende toerismebestemming se reputasie onherroeplike skade ly.