Verdagte gesoek wat kunste-ikoon aanval en beroof

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het 'n soektog van stapel gestuur nadat die internasionaal-bekroonde Ndebele-kunstenaar Esther Mahlangu (87) gewelddadig aangeval en beroof is in haar huis in Siyabuswa, naby Kwamhlanga Saterdagmiddag.
Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê 'n man het haar huis betree en haar gegryp en in haar gesig geslaan voordat hy haar hande vasgebind en haar gewurg het totdat sy haar bewussyn verloor het.
Sy het hulp gaan soek toe sy later die middag haar bewussyn herwin het. Haar huis is geplunder en haar vuurwapenkluis, waarin daar ‘n vuurwapen en kontant was, is weg.
Mahlangu kan glo nie onthou wat gebeur het nie, en het kneusplekke aan haar gesig opgedoen.
Mohlala sê teen Dinsdagoggend is nog niemand in verband met die aanval aangekeer nie.
22 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min