Vermeende transitorower in Schoemansdal aangekeer
Loading player...
‘n 36-jarige man, wat na vermoede met transitorooftogte verbind word, is gister in Schoemansdal aangekeer.
Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het die polisie gereageer op inligting oor drie verdagte voertuie.
Hulle het op ‘n Mercedes Benz, BMW en Ford Ranger toegeslaan. 'n Onbekende aantal verdagtes het te voet gevlug.
Ploftoestelle, vuurwapens en ammunisie, asook koeëlvate baadjies en balaklavas is in die voertuie gevind.
Mohlala sê hulle glo die verdagtes kan aan verskeie transitorowe gekoppel word weens nie aard en omvang van die gekonfiskeerde wapens en toerusting.
‘n Geslaagde transitoroof is Saterdag in Masoyi uitgevoer. Vrydag kon wagte ‘n poging tot roof afweer. Een is in die maag geskiet.