Sewende verdagte vas na polisielid se dood

Loading player...
'n Sewende verdagte wat glo betrokke was by die skietery wat Vrydagoggend die lewe geëis het van 'n polisiesersant, het homself gister aan die polisie oorgegee.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi sal hy vandag in die hof verskyn. Die ses wat Vrydag op die toneel aangekeer is, het Maandag in die hof verskyn.
Die 37-jarige Enok Themba Nsimba is noodlottig gewond toe die polisie Vrydag reageer het op 'n wenk oor 'n saamtrek van 10 mense wat na bewering 'n transitoroof beplan het by 'n gastehuis in Kabokweni.
Die verdagtes het op die polisielede geskiet terwyl hulle probeer vlug het en Nsimba is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Agt vuurwapens, onder meer 'n AK-47, is gekonfiskeer.
30 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min