Mpumalanga polisie verlig oor vreedsame verkiesingskonferensies
Loading player...
Mpumalanga se polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Semakaleng Manamela, het polisielede geloof vir hul bydrae tot vreedsame verkiesings-konferensies wat die afgelope weke in die provinsie gehou is.
Die ANC se Ehlanzeni- en Gert Sibande-streke het die naweek in onderskeidelik Witrivier en Badplaas konferensies gehou. Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie se verkiesing was ook sonder voorval, soos die provinsiale ANC-konferensie verlede naweek in Witbank.
Manamela sê by monde van haar woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, dit is betekenisvol vir ‘n meer volwasse demokrasie.