Penryn se Miela Banza skitter by nasionale swem-kampioenskappe
Loading player...
Penryn Prep se Miela Banza het van die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe drie goue medaljes losgeswem.
Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen.
Sy het by die byeenkoms ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag.
Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela is dalk nog te jonk vir die Olimpiese Spele wat in 2024 in Parys aangebied word, maar skryf dit nie af nie, en hulle mik definitief vir deelname aan die Statebondspele in 2026.