
DA sê Mpumalanga-munisipaliteite op die rand van bankrotskap
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hulle het die LUR vir samewerkende regering in die provinsie gevra om in te gryp by munisipaliteite, wat volgens die party op die rand van bankrotskap staan. Trudie Grovè-Morgan sê Mbombela, Thaba Chweu, Emalahleni en Msukaligwa het operasionele begrotingstekorte met die gevolg dat hulle nie hul krediteure kan betaal nie. Sy sê LUR Busisiwe Shiba moet met ‘n strategie vorendag kom om hulle te help.