Vermeende korrupte veldwagters bly in aanhouding
Loading player...
Die twee veldwagters van die Krugerwildtuin wat aangekla word van korrupsie, bedrog en geldwassery het gister in die Skukuza-hof verskyn.
Daniel Maluleke en Solly Ubisi is Saterdag in Skukuza in hegtenis geneem weens bewerings dat hulle taktiese inligting aan renosterstroping-sindikate verskaf het in ruil vir groot bedrae geld.
Volgens die Valke se Dineo Sekgotodi is dit oopgevlek tydens ‘n ondersoek na hul finansies.
Hulle sal op 4 Mei om borgtog aansoek doen.