Vier in Nelspruit gevonnis wat inkomstediens bedrieg

Loading player...
Drie mense en 'n maatskappy is die week in die Nelspruit-hof gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.
Volgens die Valke het hulle in Maart 2019 bedrieglike opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien en so ongeveer 400-duisend-Rand teruggekry.
Klaas Thokwane, Wendy Mkhatshwa en Vusi Mdluli is elk opgeskorte vonnisse opgelê. Real Thoughts Trading is 'n boete van 100-duisend-Rand opgelê wat ook opgeskort is vir vyf jaar.
Kaptein Dineo Sekgothodi:
29 Apr 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Derde massavergiftiging aangemeld in/naby Kruger

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie.
19 May 9AM 9 min

Mindwalker spesialiseer in gedrag

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM.
16 May 5AM 20 min

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min