
Koeëlwond ontdek aan Hillary Gardee
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga sê hulle gaan nie elke stadium van hul ondersoek na die moord op Hillary Gardee openbaar maak nie. Dit volg na die EFF bekend gemaak het dat sy ‘n koeëlwond agter haar kop gehad het. Die dogter van die gewese sekretaris-generaal van die party, Godrich Gardee, is Dinsdag buite Nelspruit gevind nadat sy Vrydag vermis geraak het. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli, sê hulle kommunikeer hul vordering aan haar familie.