Drie verdagtes vandag in die hof vir die moord op Hillary Gardee
Loading player...
Drie verdagtes wat sedert Vrydag aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee, verskyn vandag in die hof in Nelspruit.
Die 28-jarige dogter van die EFF se voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee, se liggaam is Dinsdag langs die Sabie-pad gevind nadat sy verlede Vrydag vermis geraak het.
Sy is in haar agterkop geskiet. Sy is Saterdag begrawe.
Die EFF sê die party se leierskap sal vandag die familie na die Nelspruit Landdroshof vergesel waar die drie verdagtes die eerste keer sal verskyn.