Tradisionele geneser aangekla van moord op sesjarige
Loading player...
‘n Tradisionele geneser en sy seun het vandag in die Kabokweni-hof verskyn in verband met die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane.
Haar lyk is Saterdag ontdek, drie weke na sy op 30 April verdwyn het.
Samuel Tsela en Philasande Tsela is aangekla van ontvoering, verkragting en moord.
Volgens Brigadier Selvy Mohlana sal hulle op 24 Junie weer verskyn, saam met drie mense wat gister aangekla is.
Die huise van twee van die aangeklaagdes, sowel as Tsela s’n, is gisteraand deur die gemeenskap afgebrand.