Beraad bekyk groener energie vir Mpumalanga
Loading player...
Die provinsiale regering het vandag sy tweedaagse Energie Beraad in Emalahleni afgeskop.
Dit het ten doel om Mpumalanga te posisioneer as ‘n fokus vir groen ekonomiese aktiwiteite.
Dit soek ook maniere om individue se werksgeleenthede en gemeenskappe se ekonomië te beskerm terwyl daar wegbeweeg word van steenkool. Die steenkool bedryf verskaf werk aan meer as 82-duisend mense in Mpumalanga.
Eskom is besig om Hendrina en Arnot-kragstasies te ontkoppel en Komati om te skakel na gas.
Die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê dit sal veral Emalahleni, Steve Tshwete, Govan Mbeki en Msukaligwa negatief raak, tensy daar proaktief beplan word om mense in nuwe industrieë in te sluit.
Vir dié doel is die Mpumalanga Groen Ekonomiese agentskap gestig.
Andre De Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vandag bygewoon.