
DA bekommerd oor werksverliese in Mpumalanga
Loading player...
Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die 51-duisend werksverliese wat in die provinsie aangeteken is in die eerste kwartaal van die finansiële jaar. Die meeste werksgeleenthede het verlore gegaan in die finansiële sektor, handel en landbou. Bosman Grobler sê terwyl daar elders in die land werk geskep is in hierdie tydperk, het sowat 413-duisend mense in die provinsie opgegee om ooit werk te kry.