
Binnelandse-sake amptenaar deur Valke gesoek oor paspoorte
Loading player...
Die Valke in Mpumalanga is op soek na Kagiso Ronny Maboa (38), ‘n amptenaar van Binnelandse sake in Mpumalanga. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het hy na bewering vir ‘n man van Pakistan gewerk om aan buitelanders Suid-Afrikaanse paspoorte uit te reik. Hy word verdink van bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Immigrasie. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.