
Man kry twee keer lewenslank vir Mjejane-verkragting en moord
Loading player...
Die 40-jarige Hendrick Nicholas Janse van Rensburg is gister twee lewenslange vonnisse opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Jy het in Oktober 2019 die 20-jarige Andiswa Zitha met ‘n houtlepel verkrag en by Mjejane naby Komatipoort agtergelaat. Sy is die volgende dag in Tonga-hospitaal aan haar beserings dood. Janse van Rensburg is twee jaar later in ‘n drinkplek in Kamhlushwa aangekeer. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sal hy sy twee vonnise gelyklopend uitdien.