
Opgehoopte rekeninge in Mpumalanga stem die DA tot kommer
Loading player...
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat provinsiale regeringsdepartemente meer as 800-miljoen-Rand in opgehoopte rekeninge van die vorige boekjaar oorgedra het. Volgens Bosman Grobler sal dit hul vermoë belemmer om in die huidige boekjaar, wat in April afgeskop het, dienste te lewer. Die departemente van onderwys en gesondheid skuld die meeste.