Lunch Punch: Charl du Plessis oor Afrikaans In Styl
Loading player...
Konsertgangers word mateloos bederf aangesien Afrikaans in Styl open met dié grootste Afrikaanse ikone vir die eerste keer saam in konsert: Nataniël, Karen Zoid en Stef Bos. Afrikaans in Styl bied ook aan hierdie drie ikone die geleentheid om gaskunstenaars van hul keuse te nooi om saam met hulle op te tree.
Die konsep is dus: konserte binne ’n konsert en die resep vir ’n produksie van magiese verwondering en verrassing op verrassing. Dr Charl du Plessis, Steinway ambassadeur en ook die musikale regisseur, meng al hierdie kreatiewe elemente meesterlik saam met strykers en orkes, en beloof ’n glansviering van taal, musiek en ikone.
Twee konserte word aangebied: Pretoria (Sun Arena, Menlyn Main): Saterdag 27 Augustus: 19:00 en Kaapstad (Grand West): Saterdag 3 September 19:00. Kaartjies is beskikbaar by www.seatme.co.za
Afrikaans is elegant. Afrikaans is tydloos. Dis wêreldklas, dis méér as musiek.
Dis Afrikaans in Styl.