Vermeende ontvoerders nou ook aangekla van moord in Mkhuhlu
Loading player...
‘n Moordklagte is gevoeg teen vier verdagtes wat Donderdag in die hof in Mkhuhlu naby Bosbokrand aangekla is van ontvoering.
Die 24-jarige Skhumbuzo Intelligent Sikhumbane is op 2 Julie deur sy familie in Calcutta as vermis aangegee. Hy is glo daarvan beskuldig dat hy ‘n laptop gesteel het.
Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is sy liggaam Saterdag in die Sabierivier ontdek.
Die saak teen Prayer Mdluli, Christ Zwane, Kriel Khoza en Evidence Nkuna is uitgestel tot Maandag vir ‘n formele borgaansoek.