
Ses vas wat met lisensies konkel
Loading player...
Ses mense het Maandag in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit verskyn, nadat hulle glo 60-miljoen-Rand van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gesteel het. Vyf aangeklaagdes is voormalige werknemers van die departement en die sesde van die Mbombela-registrasiegesag. Volgens die Valke het hulle saam met vragmotoreienaars gekonkel om hul voertuiglisensies te hernu deur die stelsel te manupileer en die geld in eie sak te steek. Elkeen is borgtog van R15 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 29 September.