Lunch Punch: Ruhan du Toit in Atterbury Kollig

Loading player...
Ruhan du Toit, wat veral bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, “The Sound of Silence” en sy onlangse Afrikaanse treffer “As jy dink jy weet”, het beslis geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie. Sy unieke vieroktaafstem, vermoë om in ses tale te sing en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musikale instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en vir hom ’n permanente plek in die harte van sy aanhangers verseker. Met hierdie vertoning bring Ruhan du Toit sy orkes saam. Hulle belowe om jou te vermaak met musiek wat jou hoendervleis sal gee en jou ore sal bekoor.
22 Jul 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min