
Tronkstraf vir broers wat glo in mense handel
Loading player...
Die twee Mosambiekse broers wat saam met twee boere van Bethal tereg staan op aanklagte van mensehandel, is gevonnis tot drie maande gevangenisstraf of ‘n 5-duisend-Rand boete, vir oorteding van die Wet op Immigrasie. Carlos en Gabriel Guambe is Vrydag skuldig bevind. Kaptein Dineo Sekgotodi van die Valke sê die borgaansoek van hul medebeskuldigdes, pa en seun Cornelis Johannes Uys en Cornelis Johannes Albertus Uys, gaan môre in die Belfast-hof voort.