
Finale waarskuwings vir vier werknemers in die wildtuin na luiperdvideo
Loading player...
SANParke het aan hul vier werknemers wat betrek word by 'n video waarin 'n dooie luiperd in die Krugerwildtuin geslaan word, finale geskrewe waarskuwings gerig. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê van hulle het geen vorige oortredings nie, maar weens die erns van die saak en die reputasieskade wat aangerig is deur hul optrede, is daar besluit op dié straf. Slegs een man, ‘n besoeker aan die wildtuin is verfilm waar hy die karkas van die dier, wat van kant gemaak is, slaan. Hy is toegang belet.