
DA vra dat 'n burgemeester dringend verkies word in Nkomazi
Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n dringende skrywe gerig aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Ndlovu, om te vra dat hy ingryp sodat ‘n nuwe burgemeester dringend in Nkomazi-munisipaliteit verkies word. Trudie Grovè-Morgan sê die munisipaliteit is sedert Maart sonder ‘n burgemeester toe Johan Mkhatshwa - saam met die Speaker en vyf raadslede - uit die ANC geskors is. Volgens haar het dienslewering sedertien tot stilstand gekom.