Spreeklewe - Jy is kosbaar

Loading player...
JESAJA 43
Jy is Myne
1Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.
2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,
deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;
as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie,
die vlamme sal jou nie brand nie,
3want Ek is die Here jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou,
Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy vir My kosbaar is,
omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
Ek is by jou.
Ek bring jou kinders van die ooste af,
Ek maak hulle bymekaar van die weste af,
6Ek sê vir die noorde: Gee!
vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!
Bring my seuns van ver af,
my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem word,
elkeen wat Ek geskep het tot my eer,
wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
3 Aug 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

#KomOnsPraatDaaroor - 13 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
13 Aug 43 min

#KomOnsPraatDaaroor - 6 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
6 Aug 44 min

#KomOnsPraatDaaroor - 30 Julie

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
30 Jul 44 min

Tussen Hemel en Aarde - 25 Julie

Ronel du Plessis, Ursula Ludick en Danielle Retief kom gesels oor die nuwe kort dokumenter “Tussen Hemel en Aarde” wat gaan oor die storie van die tragiese verdrinking van hulle 10 maande oue bab, Jan Nathaniel, in 2021
25 Jul 29 min