
Hillary Gardee se vermeende moordenaar verskyn in die hof vir ‘n ander moord
Loading player...
Die vierde man wat aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee het vandag in die Delmas-landdroshof verskyn op klagte dat hy verlede Saterdag sy vriendin in Sundra ontvoer, beroof en vermoor het. Hlabirwa Rassie Nkune word ook aangekla van die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en die moord op drie ander vroue, insluitende Gardee in April. Brigadier Selvy Mohlala sê hy verskyn môre in Kanyamazane vir die moord, in Mei, op ‘n ander vriendin, Marcia Mazibuko, en haar suster, sersant Pretty Mazibuko.