
Skoolseun in vermeende bendevoorval doodgesteek in Ermelo
Loading player...
'n Voorval waartydens 'n graad 10-leerling aan Cebisa Sekondêr in Ermelo gister doodgesteek is, is deur die Mpumalanga onderwysdepartement veroordeel. Woordvoerder Gerald Sambo sê die seun is tydens pouse by die skool deur 'n lid van 'n opponerende bende gesteek. Hy het by die hospitaal aan sy wonde beswyk. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het sy medelye met die gesin betuig en sal môre die skool besoek. Die departement sal ook berading aan almal wat deur die voorval geraak is, bied.