
Nkomazi-reeksverkragter sit lank
Loading player...
‘n Reeksverkragter is vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela drie lewenslange vonnise opgelê. Thokozani Mazibuko het by drie geleenthede in 2013 by huise in Nkomazi ingebreek en twee tieners en ‘n jong vrou verkrag. Die vierde slagoffer is in Januarie 2017 op straat aangeval. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala sê hy is ook skuldig bevind op drie klagte van huisbraak, twee van roof met verswarende omstandighede en een van diefstal.