
Verdagte onder polisiebewaking na vriendin en haar ouma dood gevind is
Loading player...
‘n 32-jarige man is onder polisiebewaking in die hospitaal, na sy 17-jarige vriendin en haar ouma gister in Emadamini, naby Ermelo, dood gevind is in hul huis. Beide het kopbeserings en verskeie kneusplekke gehad en was bedek met komberse. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het gemeenskapslede die kleindogter se vriend opgesoek vir antwoorde en hom vroeg vanoggend aan die polisie oorhandig. Hulle voer aan hy het homself met ‘n mes gesteek.