Renosterbevolking in Krugerwildtuin nou minder as 2 500
Loading player...
Die getal renosters in die Krugerwildtuin staan tans op 2-duisend-458, ‘n afname vanaf die 2-duisend-809 wat aan die einde van 2020 nog in die park aanwesig was.
Die jongste syfers is gister op ‘n parlementêre vraag van die DA deur die departement van Bosbou, Visserye, en Omgewingsake onthul.
Die DA sê dit is uiters kommerwekkend. Die woordvoerder vir omgewingsake, Dave Bryant, het ‘n beroep gedoen op die regering om die begroting vir bewaringspogings drasties te verhoog.