
Dief skuldig gevind op sewe klagte van huisbraak in Nelspruit
Loading player...
'n Man in Vrydag deur die Nelspruit-streekshof skuldig bevind op sewe klagte van huisbraak en diefstal. Die 32-jarige Daniel Wagenaar het op 6 Maart ingebreek by die Valke-kantore in Mbombela. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is hy met vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy moes op 9 Maart in die hof verskyn vir twee ander huisbrake in Julie 2019 en Desember verlede jaar en is dieselfde dag aangekeer na die Valke 'n lasbrief vir sy inhegtenisname bekom het.