Twee vermeende renosterstropers verskyn in Skukuza
Loading player...
Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhoring, ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie.
Sergio Mathebula en July Sihlangu is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is hulle met behulp van ‘n helikopter opgespoor na veldwagters inligting onvang het dat hulle die park onwettig betree het.
Hulle sal Woensdag vir borgtog aansoek doen.