
Plaaslike elektriese kar-span neem deel aan die Sasol Solar Challenge
Loading player...
Span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem. Dié plaaslike span was die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul self-geboude elektriese voertuig afgelê het. Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap, maar Klasie Botha sê dit was ‘n ongelooflike, leersame ervaring.