
Man wat uit polisieaanhouding ontsnap moet drie jaar sit
Loading player...
‘n Moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, is Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor. Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir 'n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê Chiloane het Woensdag weer probeer ontsnap.