Openbare vervoer afgelas voor samesprekings
Loading player...
Busse en taxis is vandag nie in die Laeveld beskikbaar nie, na geweldadige protesoptrede deur taxi's gister chaos op hoofroetes gesaai het.
Hoewel die situasie onder beheer is, waarsku die gesamentlike operasionele bevel dat dit onvoorspelbaar bly.
‘n Vergadering om die kwessie te bespreek word vir vanimddag beplan tussen die taxi-vereniging, Buscor en die munisipaliteit.
Intussen sê Werner Weber van die VF Plus die protesaksie kom neer op ekonomiese sabotasie.