
Ses word aangekla van bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga
Loading player...
Drie amptenare van die provinsiale departement van openbare werke het gister saam met drie maatskappy-direkteure in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery. Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Monareng, saam met die twee ander amptenare en die verskaffers gewerk om eise te betaal vir dienste wat nie gelewer is nie tydens die Covid-19-pandemie.
Kaptein Dineo Sekgotodi sê elk is borgtog van R10 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 2 November. Nog arrestasies word verwag.
Kaptein Dineo Sekgotodi sê elk is borgtog van R10 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 2 November. Nog arrestasies word verwag.