Meer as net ‘n fliek in pajamas!

Loading player...
Finesse Voelgoed bied binnekort weer hulle “Fliek in pajamas”-geleentheid aan. Natuurlik kan so ‘n aand nie verbygaan sonder dat daar nie teruggeploeg word nie. Solidariteit Helpende Hand se Boesemvriendinneprojek baat by die geleentheid. Venessa Schoeman, handelsmerkbestuurder van Voelgoed Media en René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, gesels nie nét oor die geleentheid nie, maar ook oor hoe hulle paaie gekruis het. Hulle verduidelik ook hoe elkeen nie net alleen nie, maar ook saam, ‘n verskil maak.
29 Sep 2022 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min

SkoolSlim | Wie bepaal die toekoms van ons skole?

Dié vraag staan sentraal in die tweede episode van SkoolSlim se tweede reeks, waarin dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder oor onderwys, gesels oor die invloed van die regering van nasionale eenheid (RNE) en die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela)…
17 Jul 27 min