
'n Macadamia-boer is grusaam buite Mbombela vermoor
Loading player...
'n Boer is gisteraand grusaam op sy plaas by Sterkspruit buite Mbombela vermoor. Etienne du Toit het gaan waterpompe afsit en toe hy nie teruggekeer het huis toe nie, het sy seun in ‘n macadamia-boord op sy liggaam afgekom. Sy motorfiets, selfoon en kluissleutels sowel as ’n ysterstaaf is op die toneel gevind. Volgens die polisie het hy moontlik kopbeserings opgedoen. Niemand is nog aangekeer nie. Enigiemand met inligting is gevra om speurder Tshepo Mashego te kontak by 076-631-7310.