Die Krugerwildtuin sê Suid-Afrikaners kan nie gyselaar gehou word deur kriminele
Loading player...
Die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin gister is wyd veroordeel. Die slagoffer en drie ander het na die Numbi-hek naby Witrivier gery toe drie gewapende aanvallers hulle voorgekeer en beveel het om uit te klim. Die bestuurder het egter die deure gesluit en is toe deur die venster geskiet.
Dit is die soveelste geweldadige aanval op besoekers aan die wildtuin op die R538. Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, verduidelik dat dit nie tans oorweeg word om die Numbi-hek bloot te sluit nie.