
Cele Vrydag in Matsulu vir GBG imbizo
Loading player...
Die minister van polisie, Bheki Cele, besoek môre Matsulu vir 'n ministeriële imbizo oor geslagsgebaseerde geweld. Sy woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit het ten doel om veral mans in die gemeenskap aan te moedig om betekenisvol deel te neem aan pogings om huishoudelike geweld en seksuele oortredings te bekamp. Die minister sal deur senior polisielede vergesel word.