
Verdagte aangekeer vir moord op toeris
Loading player...
‘n Verdagte is aangekeer vir die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris. Die 67-jarige Jörg Schnarr is tydens 'n mislukte kaping op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, is ‘n 32-jarige man Woensdagaand in Nelspruit aangekeer. Hy sal na verwagting vandag in die Kabokweni-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en poging tot ‘n kaping.