
Vier vas na vermeende bendegeweld in Barberton twee eis
Loading player...
Vier verdagtes is gister aangekeer in Emjindini Trust aangekeer weens twee vermeende bende-verwante sterftes Vrydag. Volgens die polisie was 'n groep mense onderweg om ‘n graf te grawe voor ‘n begrafnis toe die die voorval plaasgevind het. Een slagoffer is uitgeken as die 18-jarige Thembinkosi Ngobese. Die ander slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie. Brigadier Selvy Mohlala sê hulle is in besit van ‘n ongelisensiëerde vuurwapen, ammunisie, en besit van ‘n gevaarlike wapen (vier slagtersmesse) gevind. Hulle sal na verwagting môre in die Barberton-landdroshof verskyn.