
Ontvoerde munisipale bestuurder teruggevind
Loading player...
Die munisipale bestuurder van Nkangala-distrik, Maggie Skhosana, en haar motorbestuurder is vroeg vanoggend met hul geliefdes herenig, na hulle gisteraand in Diepsloot, Gauteng gevind is. Die vroue is verlede Donderdag voor die munisipale gebou in Middelburg ontvoer. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, is hulle in ‘n bebosde gebied langs die N14 afgelaai. Die bestuurder is vasgebind, maar kon tot in die pad beweeg en ‘n verbygaande taxi-bestuurder het gestop om hulle te help. Niemand is nog aangekeer nie.