
Verkeersbeampte tronk toe weens korrupsie
Loading player...
'n Voormalige verkeersbeampte van Mpumalanga moet vyf jaar agter tralies deurbring na hy skuldig bevind is aan korrupsie. Die 37-jarige Meshack Masenjwa is in Middelburg skuldig bevind dat hy omkoopgeld van motoriste op die N4-tolpad geëis het. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi is hy in 2019 aangekeer na die Valke hom in 'n lokval gelei het en die transaksie opgeneem is.