Estie Schreiber gesels die week oor ons lewer en A.Vogel se Boldocynara

Loading player...
Dit is NOVEMBER! Kan jy glo? Soms voel die jaar vreeslik lank, en ander kere asof tyd net weghardloop. Nietemin goeie nuus, die feesseisoen en vakansietyd is om die draai. Vir die volgende maand gesels ons oor die lewer en niere. Die skoonmakers van die liggaam, en soveel meer. Die week gesels ons spesifiek oor die lewer. Sukkel jy met hoë cholesterol? Dan wil jy nou luister. A.Vogel se Boldocynara is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting besoek gerus www.avogel.co.za, of stuur ‘n epos aan info@sanatural.co.za
2 Nov 2022 3AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Wêreld Outisme Dag: ’n Gesprek met Rivkah Blaauw

Vandag gesels Jean-Louis met Rivkah Blaauw oor ’n belangrike onderwerp op Wêreld Outisme Dag. Hulle kyk na wat outisme werklik is, hoe dit van persoon tot persoon verskil, en waarom ware insluiting so belangrik is in ons samelewing. As arbeidsterapeut deel Rivkah ook waardevolle insigte oor hoe sy kinders en…
2 Apr 4AM 7 min

Jean-Louis in gesprek met Robbie Wessels oor KosMOS Fees 2026

Jean-Louis gesels met Robbie Wessels, wat binnekort by die KosMOS Fees 2026 gaan optree. Hulle bespreek sy musiek, wat gehore kan verwag, en die opwinding rondom hierdie gewilde fees. Die KosMOS Fees 2026 vind plaas op 24 en 25 April by kykNET Buite Ekspo, met optredes op 25 April. Kaartjies…
2 Apr 3AM 5 min

Gesprek oor Starlink in Namibië

Jean-Louis gesels met Josephine Shigwedha oor Starlink in Namibië. Met die jongste ontwikkelinge en belangrike vrae rondom tegnologie, regulasies en data-privaatheid, bied hierdie gesprek waardevolle insigte vir almal wat belangstel in die toekoms van konnektiwiteit.
2 Apr 3AM 13 min

Irma’s Heartbreak Rescue – ’n Nuwe Aanvulling tot die Irma’s Rescue Reeks

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor nog ’n produk in die Irma’s Rescue reeks, naamlik Irma’s Heartbreak Rescue. In hierdie episode deel hulle meer oor die doel van die produk en hoe dit mense kan ondersteun in uitdagende emosionele tye. Luisteraars kan die Irma’s Rescue reeks by hulle naaste apteek…
1 Apr 4AM 6 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
1 Apr 3AM 6 min