
Die eerste interkontinentale vlug van Europa land môre by KMI-lughawe
Loading player...
Die eerste interkontinentale vlugte van Europa land môre by die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Die nuwe roete skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt in Duitsland via Windhoek in Namibië. Dit is die sewende bestemming in Afrika vir Eurowings Discover - ‘n filiaal van die Lufthansa Groep. Grant Ponting, uitvoerende beampte van KMI-lughawe, sê dit is ‘n goue ekonomiese geleentheid vir toerisme in die Laeveld.