
Die VF Plus veroordeel die jongste plaasmoord in Mpumalanga
Loading player...
Die VF Plus het die jongste plaasmoord in Mpumalanga veroordeel. 'n 80-jarige boer, Hennie van der Walt, is in sy huis op sy plaas in Dwarsfontein naby Delmas met skie ten steekwonde dood aangetref. Werner Weber sê dit is die vierde plaasmoord in ʼn baie kort tydsbestek in die provinsie en Mpumalanga is duidelik ‘n brandpunt. Hy sê die party het 'n dringende vergadering belê met premier Refilwe Mtsweni-Tsipane om landelike beveiliging te bespreek. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê geen arrestasies is nog gemaak nie.