
Provinsiale ramp verklaar na stormskade in Hazyview
Loading player...
# Swaar reën en sterk winde het die naweek skade aan huise, skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Jacques Benade, die hoof van Rampbestuur in Mpumalanga, sê rampbestuurspanne is op 'n hoë gereedheid geplaas vir nog swaar reën wat die somer verwag word.