
Twee broers verskyn in Bosbokrand vir poging tot moord op hul pa
Loading player...
Twee mans verskyn vandag in die Bosbokrand-hof vir poging tot moord op hul pa. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die 68-jarige gisteraand by sy huis in Maviljan Trust deur sy seuns wakker gemaak om ‘n sleutel terug te gee. Hy het ‘n venster oopgemaak om dit te ontvang en ‘n groep van drie mans het op hom gevuur. Hy is in sy bobeen getref en hospitaal toe geneem vir behandeling. Sy eie twee seuns van onderskeidelik 25 en 27 jaar oud, is aangekeer. Die motief vir die aanval is onbekend.